Nuusberigte

10 Januarie 2022 Prokureurs verbonde aan die sake-organisasie, Sakeliga is opdrag gegee om ‘n versoek kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan die Ouditeur-Generaal te lewer, ten einde spesifieke bestuursverslae te bekom wat glo na afhandeling van die staatsouditeur se jaarlikse oudit, aan die onderskeie munisipaliteite se bestuurspanne voorgelê word. Die […]

10 Januarie 2022 Nege mense is in Elsies Rivier in die Wes-Kaap in hegtenis geneem weens die beweerde onwettige handel in vetplante, wat gesien kan word as bedreigde vetplant spesies omdat dit baie stadig groei. Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock sê die polisie in Springbok-en Kuilsrivier se eenhede vir veediefstal en bedreigde spesies het beslag […]

10 Januarie 2022 Die brand by Kleinmond en omliggende gebiede in die Wes-Kaap is steeds nie onder beheer gebring nie en volgens nooddienste word nog geen eiendomme bedreig nie.  Dié brand het Saterdag tussen die berg in Kleinmond en die R44 uitgebreek. Die Overberg brandweerhoof, Reinhardt Geldenhuys het vanoggend gesê dat brandbestryders steeds spook om […]

10 Januarie 2022 Die Serwiese tennisspeler, Novak Djokovic se visum moet aan hom terugbesorg word en hy moet toegelaat word om die immigrasie-hotel in Australië te verlaat.  Regter Anthony Kelly het vanoggend die beslissing in Djokovic se guns gemaak. Dit kom nadat die tennisspeler verlede week met sy aankoms in Melbourne toegang tot die land […]

10 Januarie 2022 Die Amerikaanse komediant, Bob Saget, is in die ouderdom van 65-jaar oorlede. Saget – wat veral in Suid-Afrika bekend was as die verteller met die stem van “Ted Mosby” in How I met your Mother asook America’s Funniest Home videos – se liggaam is in ‘n hotelkamer gevind. Hy het ook ‘n […]

10 Januarie 2022 Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) het die linkerbaan op die N1-Suid net voor Bothalaan in Centurion gesluit as ‘n voorsorgmaatreël nadat ‘n sinkgat die afgelope naweek gevorm het. Volgens SANRAL het onlangse swaar reën in Gauteng tot die vorming van die sinkgat gelei. SANRAL sê sy span ingenieurs en ‘n instandhoudingskontrakteur is […]

7 Januarie 2022 Mauritius het sy reisverbod op Suid-Afrikaners opgehef namate vrese vir die Omikron-variant en die verspreiding daarvan begin taan. In ‘n verklaring het die eilandstaat se toerisme-owerheid gesê die Covid-19-reisverbod – wat deur Mauritius op Suid-Afrika, Botswana, Namibië en Zimbabwe ingestel is – sal vanaf vandag opgehef word, met kommersiële reise tussen die […]

7 Januarie 2022 Die man wat aangekeer is nadat hy die gebou – waarin die Grondwethof gesetel is – met ‘n hamer aangeval het, is ‘n veroordeelde moordenaar wat uit is op parool. Die 36-jarige Paul Makaula is in 2010 gevonnis nadat hy aan moord skuldig bevind is. Makaula het vlugtig in die landdroshof in […]

7 Januarie 2022 Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo het bevestig dat die  parlementslede vanoggend vergader het om alternatiewe lokale vir hulle werk te bespreek.  Hy sê daar is besluit dat president Cyril Ramaphosa se staatsrede op 10 Februarie 2022 in Kaapstad se stadsaal sal plaasvind omdat dit groot genoeg is vir alle persone […]

7 Januarie 2022 Die verslag van die Kaapstadse brandweer oor die brand wat die parlementsgebou in puin gelê het, het bevestig dat die Nasionale Vergadering se sprinkelklep sedert 2017 nie gediens is nie en boonop toegedraai was ten tyde van die brand. Die verslag het ook bevestig dat die branddeure oopgemaak was, wat daartoe bygedra […]


Current track

Title

Artist