Klankkoerant

Inwoners van Fauna in die suide van Bloemfontein is moedeloos vanweë ‘n voortslepende rioolkrisis wat sedert November nie opgelos word nie. Nasa se nuwe James Webb-ruimteteleskoop se goudbedekte reflektor het die naweek suksesvol oopgevou. Ons kry meer inligting oor die doel van hierdie teleskoop.

Agt vrouens gaan 31 Januarie van Pretoria af begin stap op pad Kaap toe om geld vir Dynamic Women for Children in te samel. Dit staan bekend as die Cape 2 Care-projek.

Spanning, angs en depressie is wêreldwyd ’n probleem, veral vanweë die feit dat almal besef dat Covid en al sy uitdagings nog steeds deel van ons lewens is.Ons gesels oor breinkos vir ’n beter gemoed – of gemoedskos – en ons vra of mens regtig jou gemoed kan verbeter deur die regte koskeuses te maak…Carla […]

Landbou aktualiteit van die dag. Vir enige navrae, e-pos Jake Stols: jake@klankkoerant.co.za

Ons gesels verder oor die jaar 2021 en vandag gesels ons oor verskillende beleide in die landbousektor, watter beleide nog van krag is en wat om dop te hou vir 2022, asook gesels ons oor die rol van georganiseerde landbou die afgelope jaar. Dan vertel Frikkie Wallis ons meer van die varkvleisuitvoere in Namibië na […]

Vandag gesels ons oor Helpende Hand se Ons Tuin-inisiatief wat gemeenskappe regoor die land aanspoor om kosvoorsiening as erfenisnalatenskap te laat. Die Sterkfontein-dam en -natuurreservaat – op die grens van die Vrystaat en KwaZulu-Natal – is weer oopgestel, nadat besorgde en gefrustreerde inwoners asook kranige geelvisvlieghengelaars sedert die uitbreking van die Covid-pandemie in Maart verlede […]

Die week gesels oor verskeie faktore wat ‘n rol in die landbouomgewing gespeel het. Ons kyk terug na die jaar en gesels wat ons in 2022 kan verwag. Vandag gesels ons oor die landbouekonomie. En ons gesels oor die garsoes wat kleiner is, meestal agv weeromstandighede

Woensdagoggend om half nege trek die bekende fietsryer, Jakkie van der Colff, by die Voortrekkermonument in Pretoria weg om in net meer as 24 uur tot by die Bloedrivier-erfenisterrein vir Geloftedag te ry. Hy noem hierdie poging sy Fietsry vir Erfenisprojek om die erfenisterrein, wat as gevolg van die Covid-pandemie reuseverliese gely het, te ondersteun. […]

Ons gaan voort met die reeks oor diere en kuddegesondheid, Esmarie Yssel deel met ons die damverslag en ons blaai deur die nuwe uitgawe van die landbouweekblad

Ons bespreek die mededingingskommissie se verslag oor die sogenaamde apartheidsekonomie met betrekking tot landboukorporasies, Johan van den Berg sluit telefonies by ons aan vir die week se weervooruitsigte en ons gesels oor grondhervorming


Current track

Title

Artist