Nuus

10 Januarie 2022 Prokureurs verbonde aan die sake-organisasie, Sakeliga is opdrag gegee om ‘n versoek kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan die Ouditeur-Generaal te lewer, ten einde spesifieke bestuursverslae te bekom wat glo na afhandeling van die staatsouditeur se jaarlikse oudit, aan die onderskeie munisipaliteite se bestuurspanne voorgelê word. Die […]

10 Januarie 2022 Nege mense is in Elsies Rivier in die Wes-Kaap in hegtenis geneem weens die beweerde onwettige handel in vetplante, wat gesien kan word as bedreigde vetplant spesies omdat dit baie stadig groei. Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock sê die polisie in Springbok-en Kuilsrivier se eenhede vir veediefstal en bedreigde spesies het beslag […]

Nuuskommentaar: 10 Januarie 2022 Deur: Francois Redelinghuys Die afgelope twee jaar was vir die meeste Suid-Afrikaners om die minste te sê uiters uitdagend. Sedert die uitbreek van die Covid-19 pandemie was die wêreld op sy rug gekeer en was ons genoodsaak om onder stormagtige omstandighede uitkoms en oplossings te vind. Moet geen fout maak nie, […]

Inwoners van Fauna in die suide van Bloemfontein is moedeloos vanweë ‘n voortslepende rioolkrisis wat sedert November nie opgelos word nie. Nasa se nuwe James Webb-ruimteteleskoop se goudbedekte reflektor het die naweek suksesvol oopgevou. Ons kry meer inligting oor die doel van hierdie teleskoop.

10 Januarie 2022 Die brand by Kleinmond en omliggende gebiede in die Wes-Kaap is steeds nie onder beheer gebring nie en volgens nooddienste word nog geen eiendomme bedreig nie.  Dié brand het Saterdag tussen die berg in Kleinmond en die R44 uitgebreek. Die Overberg brandweerhoof, Reinhardt Geldenhuys het vanoggend gesê dat brandbestryders steeds spook om […]

Ds Schalk Zastron, Hervormde Kerk Goudveld Welkom lees 1 Samuel 3: 1 – 11

10 Januarie 2022 Die Serwiese tennisspeler, Novak Djokovic se visum moet aan hom terugbesorg word en hy moet toegelaat word om die immigrasie-hotel in Australië te verlaat.  Regter Anthony Kelly het vanoggend die beslissing in Djokovic se guns gemaak. Dit kom nadat die tennisspeler verlede week met sy aankoms in Melbourne toegang tot die land […]

10 Januarie 2022 Die Amerikaanse komediant, Bob Saget, is in die ouderdom van 65-jaar oorlede. Saget – wat veral in Suid-Afrika bekend was as die verteller met die stem van “Ted Mosby” in How I met your Mother asook America’s Funniest Home videos – se liggaam is in ‘n hotelkamer gevind. Hy het ook ‘n […]

10 Januarie 2022 Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) het die linkerbaan op die N1-Suid net voor Bothalaan in Centurion gesluit as ‘n voorsorgmaatreël nadat ‘n sinkgat die afgelope naweek gevorm het. Volgens SANRAL het onlangse swaar reën in Gauteng tot die vorming van die sinkgat gelei. SANRAL sê sy span ingenieurs en ‘n instandhoudingskontrakteur is […]

Ds Adriaan Botes, AP Kerk Lydenburg lees Kolossense 4: 2 – 4


Current track

Title

Artist