

Pretoria FM vir Besighede
Pretoria FM is ‘n gemeenskap-gebasseerde radiostasie gevestig in Pretoria. Ons programme is gerig op Afrikaanssprekende wat passievol is oor nuus, vermaak, aktualiteit en musiek. Ons saai 24 uur per dag uit op 104.2 FM in Gauteng en is beskikbaar op DSTV Kanaal 887 asook op die Internet en selfoontoepassing wêreldwyd.
So, hoekom Afrikaans? Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011, word dit deur ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking) as moedertaal beskou. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.
Ek stel belang om my besigheid op Pretoria FM te adverteer
Hoekom moet jy op Pretoria FM adverteer?
Ons is een van die grootste gemeenskapsradiostasies.
Ons bereik oor die 350,000 luisteraars in Gauteng.
Klankkoerantprogramme word ook op kleiner plaaslike radiostasies uitgesaai.
Ons is maklik bereikbaar op verskillende platforms regoor Suid-Afrika.
Pretoria FM toekennings
Wat ons kliënte sê
Pretoria FM se span lewer professionele raad en hulp met die saamstel en skedulering van 'n advertensie. Dit verseker dat ons met elke veldtog 'n merkbare toename in navrae en webtuistebesoekers ervaar. Pretoria FM se wye voetspoor en die feit dat die reaksie op veldtogte soveel beter is as by ander radiostasies, maak advertensies by Pretoria FM die moeite werd en 'n logiese keuse. Dit is 'n voorreg om saam met Pretoria FM 'n pad te stap!
OUTsurance werk al vanaf 2015 saam met Pretoria FM (toe hulle nog Radio Pretoria was). Die stasie lewer persoonlike diens en pas by jou, as kliënt, aan. Hulle admin is altyd 100% korrek, van die besprekingsproses tot by die maandelikse fakture. Dit is 'n plesier om saam met die Pretoria-FM span te werk.
Solar Man pty is al vir baie jare deel van PTAFm,Ons voel en is al reeds familie. Dis n riem onder die hart om deel hiervan te wees,die puik diens wat gepaard gaan met n diepgewortelde trots,laat dit ons geen ander keuse om die stasie te ondersteun nie.Die stasie bind mense saam en gee vir ons n stem, as Afrikaans sprekende mense.Dit gee vir ons hoop in hierdie tye waar ons dmv hierdie media saam kan staan.Vir die gemeenskap is Ptafm van onskatbare waarde en die resultate bewys dit. Solarman vind net baat by die dag..
We would like to say thank you to Pretoria FM for always delivering quality service and affordable rates. They are always just a phone call or an email away and their turnaround time is astounding! They really know how to look after their clients. Would recommend PTA FM to any company who is serious about radio marketing.